fbpx

Danie Delport - Witvlei Distrik

Ek het jare gelede, terwyl ek en Nico Tromp sit en gesels het na ‘n vergadering, vir hom gesê dat ek voel dat ek, wat op ‘n plaas bly en slegs eenmaal per maand dorp toe ry, ‘n laer risiko geval is as die persoon wat in die stad bly, wat daagliks in stadsverkeer na sy werk toe ry; is die moontlikheid groter dat hy in ‘n ongeluk kan beland. Met ander woorde, ek subsidieer die hoë risiko gevalle met my premie.

Nico noem to aan my dat hul werk aan ‘n produk waar ‘n mens jou eie risiko kan verseker. Ek is toe voorgestel aan Corporate Guarantee en het besef dit is net die produk wat ek in gedagte gehad het om my eie korttermyn versekering op te bou. Ek het ook dadelik besef dat die nie so maklik gaan wees nie, aangesien ek genoeg kapitaal moet bymekaar maak om ‘n eis te kan hanteer.

Wat ek toe ook bevind het, dat ‘n mens jou kapitaal kon oordra na die volgende jaar toe, wat dit baie belastingvriendelik gemaak het. ‘n Mens kan teen jou eie fonds leen teen ‘n gunstige rentekoers om byvoorbeeld ‘n implement aan te koop teen ‘n baie goeie koers. En jy kan jou eie tydperk van terugbetaling bepaal.

Ek is nou besig om van my boerdery te verminder weens my ouderdom en gesondheid. En ek vind dit nou baie gerieflik, want ek kan later van my fondse gebruik omdat my boerdery se inkomste nou gaan stagneer.

Ek het nog tot op hede korttermyn versekering uitgeneem, maar ek gaan dit heel kanselleer, dan kan ek die premie wat ek betaal het by my fonds voeg om dit te versterk.

Ek sal Corporate Guarantee aanbeveel, veral vir ons landbouers wat soms as gevolg van droogte baie van ons diere moet verkoop en dan kan mens jou kapitaal oordra na die volgende finansiële jaar.

Danie Delport – Witvlei Distrik

CG Danie Delport 1

About Corporate Guarantee

Corporate Guarantee is a specialist Insurer, providing innovative risk management solutions as an alternative to conventional insurance. 

Accreditation

Joomla Extensions